Woensdag 16 Julie 2014

Sewe redes hoekom ek ’n joernalis wil wees

  1. Ek is baie nuuskierig. ’n Joernalis moet nuuskierig wees, anders sal sy nie die moeite wil doen om die hele storie uit te snuffel nie.
  2. Ek het ’n neus wat ’n storie kilometers ver kan ruik. Hoekom sal ek dit nie gebruik nie?
  3. Ek stel in feite belang. ’n Storie sonder al die feite is nie werd om in ’n koerant te verskyn nie.
  4. Ek hou van mense. Elke mens het ’n storie en party van daai stories maak goeie koerantberigte. Maar ’n storie is nooit belangriker as mense nie.
  5. Joernaliste reis die wêreld vol. Daar gebeur net soveel nuuswaardige dinge in Raaiselfontein, en niks meer nie. Ek wil reis en oral in die wêreld stories uitsnuffel.
  6. Ek hou daarvan om foto's te neem. ’n Goeie joernalis het altyd ’n kamera byderhand. ’n Storie sonder ’n foto is nie ’n voorblad werd nie.
  7. Eendag sal my naam op almal se lippe wees: Superjoernalis Sanri Steyn. Ek gaan stories uitsnuffel waar ander te bang is om hul neuse in te druk. Wat is fout met ’n bietjie roem?

2 opmerkings:

  1. 'n Deeglike joernalis, het ek die week geleer, is baie belangrik. Doen so voort! Daar is min superjoernaliste.

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Baie dankie dat tannie vir my geskryf het. Ek dink tannie se boeke is baie cool!

      Vee uit