Wie is Sanri?

Sanri droom daarvan om eendag ’n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees... Superjoernalis Sanri Steyn.

Sy en haar ma het onlangs na Raaiselfontein getrek. Hier ontmoet sy vir Markus Bester en sommer gou word hulle beste vriende. Hulle beleef die ongelooflikste opwindende avonture.  Lees meer oor Sanri en Markus se avonture in Lapa Uitgewers se nuwe Sanri Steyn-reeks, geskryf deur Theresa van Baalen en geïllustreer deur Johann Strauss.




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking